Leviticus 26:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle teen My wandel en na My nie luister nie; Ek sal sewe maal meer plae oor jou bring volgens jou sondes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As julle nog steeds vyandig teenoor My bly en weier om gehoorsaam te wees, sal Ek julle tref met nog sewe rampe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes. |
| Afrikaans 1983 | “As julle My bly teenstaan en nie na My wil luister nie, sal Ek julle nóg swaarder straf, soos julle verdien oor julle sondes: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘En as julle My steeds teengaan en nie bereid is om na My te luister nie, sal Ek oor julle die slae sewe keer vermeerder ooreenkomstig julle sondes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En as julle opstandig bly teen My en julle wil nie gehoorsaam wees aan My nie, dan sal Ek aanhou om julle te straf oor julle sondes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As julle dan met My wil rusie maak en julle steeds onwillig bly om julle aan My te steur, sal Ek in lyn met julle oortreding nog sewe ander rampe oor julle loslaat. |