Leviticus 26:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die trots van jou krag verbreek; en Ek sal jou hemel maak soos yster en jou aarde soos koper.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal julle hardkoppige trotsheid breek deur die reën weg te hou: die lug bokant julle sal soos yster wees en die grond onder julle soos brons.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
Afrikaans 1983 Ek sal alles waarop julle staatmaak, laat verdwyn. Daar sal geen druppel reën val nie: dit sal wees asof die hemel van yster en die grond van brons is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle hardnekkige verwaandheid breek: Ek sal julle hemel soos yster maak en julle grond soos brons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal alles wegvat waarop julle trots is, die hemel bo-oor julle sal soos yster word sodat dit nie sal reën nie, en die aarde sal soos koper word sodat daar niks sal groei nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat julle te veel van julleself dink, sal Ek julle siek maak. Ek sal die lug maak soos ’n ysterkoepel waaruit geen reën kan val nie. Die aardkors sal so ondeurdringbaar wees soos ’n bronsplaat.