Leviticus 26:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal my aangesig teen julle rig, en julle sal voor julle vyande gedood word; julle haters sal oor julle heers; en julle sal vlug as niemand julle agtervolg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal my rug vir julle draai en al julle vyande sal julle verslaan. Hulle sal oor julle heers en julle sal weghardloop al is daar niemand wat julle agtervolg nie!
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
Afrikaans 1983 Ek sal my rug vir julle draai sodat julle deur julle vyande verpletter sal word. Julle haters sal dit vir julle so ondraaglik maak dat julle sal vlug al word julle nie agtervolg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal teen julle draai, sodat julle deur julle vyande verslaan word. Julle haters sal julle vertrap. Julle sal vlug sonder dat iemand julle agtervolg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle vyand word. Julle vyande sal julle oorwin en hulle sal oor julle regeer. Julle sal vlug, ook wanneer niemand julle jaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal my rug vir julle draai en julle vyand sal julle verpletter. Die mense wat julle haat, sal julle so sleg behandel dat julle sal begin vlug sonder dat daar eens iemand is wat julle jaag.