Leviticus 26:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal dit ook aan julle doen; En Ek sal verskrikking, vertering en brandende angs oor julle aanstel, wat die oë sal verteer en droefheid van hart veroorsaak; en julle sal tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit eet.
Afrikaans (NLV) 2011 sal Ek die volgende met julle laat gebeur: Ek sal paniek onder julle saai. Julle sal aan siektes en koors ly, siektes wat julle blind sal maak en julle lewe laat wegkwyn. Julle sal tevergeefs graan plant, want julle vyande sal dit opeet.
Afrikaans 1933/1953 dan sal k dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.
Afrikaans 1983 sal Ek die volgende doen: Ek sal julle lewens vol angs maak. Julle sal geteister word deur tering en koors, siektes wat 'n mens blind maak en jou laat wegkwyn. Julle sal tevergeefs saai, want julle vyande sal julle oeste opeet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan sal Ek die volgende aan julle doen: Ek sal onverwags verskrikking oor julle bring – tering en koors wat die oë laat verdof en die lewenskrag laat wegkwyn. Julle sal tevergeefs julle saad saai; julle vyande sal dit opeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan sal Ek hierdie dinge aan julle doen: Ek sal julle baie bang laat word, julle sal tering en hoë koors kry. Dit sal julle blind maak en dit sal julle stadig laat sterf. Julle sal koring en gars saai, maar julle sal niks koring of gars afsny nie, julle vyande sal dit eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle dit doen, sal Ek die volgende dinge met julle laat gebeur: Ek sal verwarring onder julle saai. Ek sal tering en koors tussen julle laat kom wat julle blind sal laat word en sal laat wegkwyn. Julle sal verniet saai, want julle vyand sal dit opeet.