Leviticus 26:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, sodat julle nie hulle slawe sou wees nie; en Ek het die bande van jou juk verbreek en jou regop laat staan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek, die Here, is julle God wat julle uit Egipte gebring het sodat julle nie langer meer slawe hoef te wees nie. Ek het die juk van slawerny van julle nekke afgehaal sodat julle vry kan wees en kop omhoog kan loop.”
Afrikaans 1933/1953 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
Afrikaans 1983 Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat trek het sodat julle nie meer sy slawe hoef te wees nie. Ek het die juk wat julle moes dra, gebreek en julle vry gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, die Here, is julle God wat julle uit Egipteland laat wegtrek het, sodat julle nie langer hulle slawe hoef te wees nie. Ek het die skeie van julle jukke gebreek en julle regop laat loop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is julle God die Here, Ek het julle uit die land Egipte gebring. Julle was daar slawe, maar Ek het julle jukke gebreek sodat julle weer regop kon loop.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is die Here, julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het sodat julle nie langer hulle slawe hoef te wees nie. Ek het die juk wat julle nek afgedruk het, stukkend gebreek sodat julle weer regop kan loop.”