Leviticus 26:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle sal ou voorraad eet en die oue voortbring ter wille van die nuwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal so ’n surplus oesopbrengste hê dat julle van die vorige jaar se oes sal moet ontslae raak om plek te maak vir die nuwe oes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue laat plek maak vir die nuwe. |
| Afrikaans 1983 | Julle sal nie eens 'n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal nog graan van die vorige jaar oorhê om te eet, maar julle sal dit moet weggooi met die nuwe oes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal brood eet van koring wat julle lank gelede gebêre het en julle sal die ou koring moet uithaal om plek te maak vir die nuwe koring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal nog van die vorige jaar se graan eet wanneer dit weggegooi sal word om plek te maak vir die graan van die nuwe oes. |