Leviticus 26:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle mag vir julle geen drekgode of gesnede beeld maak nie, en vir julle geen staande beeld oprig nie, en geen klipbeeld in julle land oprig om daarvoor neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle mag nie afgode of gesnede beelde maak, of heilige pilare of gekapte klippe oprig om in julle land te aanbid nie. Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God. |
| Afrikaans 1983 | “Julle mag vir julle geen gode maak nie. Julle mag geen beelde of klippilare oprig nie. Julle mag in julle land geen klippe met afbeeldings hê wat deur julle vereer word nie. Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Julle mag nie vir julle afgode maak nie; gesnede beelde en gedenkstene mag julle nie vir julle oprig en klippe met afbeeldings op mag julle nie in julle land neersit en in aanbidding voor hulle buig nie, want Ek, die Here, is julle God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle mag nie vir julle afgode maak nie. Julle mag nie beelde maak en klip-pale in die grond plant nie en julle mag nie klippe met prente van afgode in julle land neersit en voor hulle buig nie, want Ek is julle God die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle mag nie in julle land vir julleself afgodjies maak wat julle gebruik om gode te aanbid nie. Julle mag ook nie uitgekerfde beelde hê, of klippilare oprig, of klippe hê waarop julle beelde van gode uitgegraveer het nie. Ek, die Here, is mos reeds julle God. |