Leviticus 25:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy die basuin van die jubeljaar laat blaas op die tiende dag van die sewende maand; op die versoendag moet julle die basuin in julle hele land laat blaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die Versoendag in die 50ste jaar moet die trompette hard en lank oor die hele land geblaas word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, 'n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Laat dan ramshorings blaas op die tiende van die sewende maand op die versoendag. Die ramshorings is die teken dat almal in die land |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat dan die •ramshoring se harde geluid oral weerklink op die tiende dag van die sewende maand. Op die •Dag van Versoening moet die ramshoring deur julle hele land weerklink. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy op die tiende dag van die sewende maand, op Versoendag, oral in die land op die ramshoring blaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die tiende dag van die sewende maand in die 50ste jaar, die dag wat die Here vrede gee, moet julle op die trompette blaas. Kondig deur die hele land aan |