Leviticus 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sabbat van die land sal vir julle voedsel wees; vir jou en vir jou dienaar en vir jou slavin en vir jou dagloner en vir jou vreemdeling wat by jou vertoef,
Afrikaans (NLV) 2011 Julle, julle slawe en slavinne en enige vreemdelinge wat tussen julle woon, mag egter van die produkte eet wat natuurlik groei gedurende die Sabbatsjaar.
Afrikaans 1933/1953 En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,
Afrikaans 1983 [6-7] Dit moet vir julle 'n jaar van algehele rus wees. Julle, julle slawe, julle slavinne, julle dagloners en die bywoners in julle land sowel as julle diere en die wild moet dan leef van wat die veld oplewer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opbrengs van die land se Sabbat sal daar wees vir julle om te eet. Vir jou, vir jou slawe en slavinne, vir jou dagloners en jou bywoners, hulle wat by julle verblyf het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle en julle slawe en julle slavinne en julle dagloners en julle bywoners moet in die Sabbatsjaar eet wat daar in die land is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [6-7] Julle moet die grond kans gee om te rus. Jy en die slaaf wat vir jou werk, jou slavin, jou tydelike werker, dié wat by jou woon en die buitelanders wat by jou is, jou vee en al jou diere, julle almal sal daardie jaar eet van die dinge wat die land op natuurlike wyse oplewer.”