Leviticus 25:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want vir my is die kinders van Israel dienaars; hulle is my dienaars wat Ek uit Egipteland uitgelei het: Ek is die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volk Israel is my dienaars wat Ek uit die land Egipte gebring het. Ek, die Here, is julle God.”
Afrikaans 1933/1953 Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Dit moet gedoen word omdat die Israeliete my dienaars is. Hulle is my dienaars omdat Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want aan My behoort die Israeliete as slawe. Hulle is my slawe wat Ek uit Egipteland laat wegtrek het. Ek is die Here julle God.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat julle moet doen, want die Israeliete is my dienaars, Ek het hulle uit die land Egipte gebring. Ek is hulle God die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Israeliete werk vir My. Ek het hulle uit Egipte laat wegtrek sodat hulle My kan dien. Ek is julle God, die Here.”