Leviticus 25:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En soos 'n jaarlikse dagloner sal hy by hom wees, en die ander een sal nie met strengheid oor hom heers voor jou oë nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die vreemdeling moet hulle as werkers wat volgens ’n jaarkontrak werk, behandel. Julle mag nie toelaat dat ’n vreemdeling julle mede-Israeliete hard behandel nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is, moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het soos 'n dagloner jaar na jaar vir die nie-Israeliet gewerk. Jy moet sorg dat hy nie hard behandel word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n dagloner moet hy jaar ná jaar by hom wees. Hy mag hom nie geweld aandoen terwyl julle toekyk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet wees soos 'n dagloner wat in daardie jare vir die vreemdeling gewerk het. Jy moet kyk dat die vreemdeling nie hard regeer oor die Israeliet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die buitelander moet hom behandel soos ’n huurarbeider wie se kontrak jaarliks hernu word. Julle moet toesien dat hy nie die Israeliet gewelddadig behandel nie. |