Leviticus 25:52 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as daar maar min jare oor is tot die jubeljaar, dan moet hy saam met hom reken, en volgens sy jare moet hy hom die prys van sy loskoop teruggee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daar nie baie jare oor is nie, sal hulle ’n kleiner bedrag vir hulle vryheid moet betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens die jare moet hy sy losprys teruggee. |
| Afrikaans 1983 | As daar net 'n paar jaar oor is voor die hersteljaar, sal die vrykoopprys slegs 'n klein deeltjie van die oorspronklike verkoopprys wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as daar min jare oor is tot die jubeljaar, moet hy dit bereken. Ooreenkomstig daardie jare moet hy terugbetaal vir sy loskoop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As daar nie baie jare oorbly tot die Hersteljaar nie, dan moet hy net betaal vir elke jaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar maar net ’n paar jaar oor is voor die hersteljaar, sal die aflosbedrag baie kleiner wees. |