Leviticus 25:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As daar nog baie jare agter is, moet hy volgens hulle die prys van sy loskoop weer gee uit die geld waarvoor hy gekoop is.
Afrikaans (NLV) 2011 As daar nog baie jare oor is, sal die verkoopprys ’n groot deel van die oorspronklike koopprys wees.
Afrikaans 1933/1953 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle sy losprys uit die geld waarvoor hy gekoop is, teruggee;
Afrikaans 1983 As dit lank voor die hersteljaar is, sal die vrykoopprys dus 'n groot deel van die oorspronklike verkoopprys uitmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As daar nog baie jare oor is, moet hy in ooreenstemming daarmee van die geld waarvoor hy gekoop is, terugbetaal vir sy loskoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As dit baie jare is tot die Hersteljaar, dan moet hy baie betaal om vry te word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe meer jare daar nog oor is tot by die hersteljaar, hoe groter is die bedrag wat hy moet betaal.