Leviticus 25:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet met hom wat hom gekoop het, afreken van die jaar dat hy aan hom verkoop is tot die jubeljaar; en die prys van sy koop moet wees volgens die aantal jare, volgens die tyd van 'n dagloner met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die prys vir hulle vryheid sal bepaal word deur die aantal jare wat oor is tot by die volgende Jubeljaar — dit wil sê, hoeveel dit sal kos om vir daardie bepaalde tydsduur ’n slaaf te huur.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos 'n dagloner sal hy dan die tyd by hom gewees het.
Afrikaans 1983 In so 'n geval moet die bedrag waarteen hy as slaaf verkoop is en die getal jare van die tyd af dat hy verkoop is tot die volgende hersteljaar toe, in berekening gebring word. Hy moet dan krediet ontvang vir die jare wat hy reeds diens gedoen het en as dagloner sy skuld afgewerk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet dan, saam met die een wat hom gekoop het, die jare bereken vanaf die jaar wat hy aan hom verkoop is tot die volgende jubeljaar. Die geldwaarde van sy verkoopprys moet ooreenstem met die getal jare, asof hy in dié tyd 'n dagloner by die man was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy en die man wat hom gekoop het, moet tel hoeveel jare dit is vandat hy homself verkoop het en soos 'n dagloner vir die man gewerk het, tot die Hersteljaar, en dan moet hy betaal om vry te word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy en sy eienaar moet die bedrag bereken volgens die betaling wat ’n dagwerker kry. Hulle trek dan die jare diens wat hy reeds gelewer het sedert hulle die ooreenkoms gesluit het af van die jare diens wat hy nog moet lewer tot die volgende hersteljaar toe.