Leviticus 25:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat vanself uit jou oes groei, mag jy nie maai nie, en die druiwe van jou wingerdstok nie afsny nie, want dit is 'n jaar van rus vir die land.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag ook nie oes wat natuurlik groei of die druiwe gebruik van julle ongesnoeide wingerde nie. Die land moet vir ’n jaar lank heeltemal rus.
Afrikaans 1933/1953 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet 'n jaar van rus vir die land wees.
Afrikaans 1983 Julle mag selfs nie die opslaggraan of die druiwetrosse van die ongesnoeide wingerde afoes nie. Dit moet vir die land 'n jaar van algehele rus wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opslag van jou graanoes mag jy nie oes nie, en die druiwe aan jou ongesnoeide wingerd mag jy nie afoes nie. Dit moet vir die land 'n buitengewone rusjaar wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie die koring en gars afsny wat self begin groei nie en julle mag nie die druiwe pluk wat aan die ranke van julle wingerde groei nie. Dit is 'n jaar wanneer die land moet rus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag ook nie die graan wat vanself opkom, oes nie. Julle mag ook nie die druiwe van die ongesnoeide wingerdstokke afpluk nie. Dit moet vir die land ’n jaar van volkome rus wees.