Leviticus 25:47 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n bywoner of vreemdeling by jou ryk word, en jou broer wat by hom woon, arm word en homself aan die vreemdeling of bywoner by jou of aan die stam van die vreemdeling se familie verkoop, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As ’n vreemdeling wat onder julle woon sou ryk word, en as een van julle mede-Israeliete bankrot speel en hulleself verkoop aan so ’n vreemdeling, |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan 'n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan 'n familielid uit die geslag van 'n vreemdeling, |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n vreemdeling of 'n bywoner in julle land ryk word, en 'n mede-Israeliet raak by so iemand in die skuld sodat hy hom as slaaf moet verkoop aan die nie-Israeliet of dié se nageslag, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Wanneer 'n vreemdeling of bywoner by jou besittings bymekaarmaak en jou broer verarm by hom en verkoop homself aan 'n vreemdeling, 'n bywoner by jou, of aan 'n nasaat van 'n familie vreemdelinge, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Vreemdeling of 'n bywoner by julle het miskien genoeg geld, of 'n Israeliet word miskien so arm dat hy homself moet verkoop aan die vreemdeling of sy familie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n buitelander, of iemand wat met ’n werkspermit by julle woon, so ryk word dat ’n ander Israeliet naderhand so diep in die skuld by hom raak dat hy homself as slaaf aan daardie persoon moet aanbied, |