Leviticus 25:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet dit as 'n erfdeel vir julle kinders ná julle neem, om hulle as 'n besitting te erf; hulle sal vir ewig julle slawe wees; maar oor julle broers, die kinders van Israel, mag julle nie met hardheid oor mekaar heers nie.
Afrikaans (NLV) 2011 en hulle selfs aan julle kinders bemaak as ’n wettige erfporsie. Julle mag julle slawe so behandel, maar die volk Israel, julle bloedverwante, mag nooit so behandel word nie.
Afrikaans 1933/1953 En julle mag die aan julle kinders njulle nalaat as 'n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
Afrikaans 1983 wat deur julle aan julle kinders bemaak kan word as besittings en wat lewenslank hulle slawe sal wees. Julle mag egter nooit van julle mede-Israeliete slawe maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle mag hulle aan julle kinders ná julle nalaat as erflike besit. Julle mag hulle vir altyd slawewerk laat doen. Maar wat julle broers die Israeliete betref, die een mag nie die ander aan geweld onderwerp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en julle kinders mag die slawe erf en hou so lank soos hulle lewe. Julle mag slawe hê wat julle so gekry het, maar julle mag nie kwaai oor ander Israeliete regeer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy kan hulle in jou testament aan jou kinders bemaak as hulle eiendom. Hulle is lewenslank hulle slawe. Een Israeliet mag egter nie ’n ander Israeliet met geweld oorheers nie.