Leviticus 25:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van die kinders van die vreemdelinge wat onder julle vertoef, van hulle moet julle koop en van hulle geslagte wat by julle is wat hulle in julle land verwek het; en hulle sal julle besitting wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag ook die kinders koop van die mense wat tydelik tussen julle bly, ook dié wat in julle land gebore is. Julle mag hulle as julle eiendom behandel
Afrikaans 1933/1953 En ook van die kinders van die bywoners wat by julle vertoef van hulle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en die sal vir julle 'n besitting wees.
Afrikaans 1983 Julle mag ook die kinders van bywoners koop wat tydelik tussen julle woon of van bywonerfamilies wat al geslagte in die land is. Sulke slawe is julle wettige eiendom
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en ook van die kinders van bywoners wat by julle verblyf het, uit hulle en hulle families wat by julle is, mag julle die kinders wat hulle in julle land verwek het, koop. Hulle is dan julle erflike eiendom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ook van die bywoners, die vreemdelinge by julle, en van hulle families wat in julle land gebore is. Julle mag slawe hê wat julle so gekry het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag ook die kinders van buitelandse werkers wat by jou woon en die kinders van hulle families wat in jou land gebore is, vir slawe aankoop. Hulle word deel van jou roerende goedere.