Leviticus 25:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou slawe sowel as jou slavinne wat jy sal hê, moet uit die nasies wees wat rondom jou is; van hulle moet julle slawe en slavinne koop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle mag slawe of slavinne koop van die nasies wat rondom julle bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sal behoort van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle 'n slaaf of slavin koop. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet die slawe en slavinne wat julle nodig het, by die nasies rondom julle koop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wat betref jou slawe en slavinne wat jy nodig het – uit die nasies om julle, uit hulle mag julle slawe en slavinne koop; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy mag slawe en slavinne koop van die ander volke rondom julle |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy mag wel manlike of vroulike slawe besit wat vir jou werk. Jy moet hulle by julle buurvolke gaan koop. |