Leviticus 25:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dan sal hy van jou weggaan, hy en sy kinders saam met hom, en na sy familie teruggaan, en na die besitting van sy vaders terug. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle en hulle kinders het dan geen verpligting teenoor julle nie en kan terugkeer na hulle familiegroep en eiendom toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan. |
| Afrikaans 1983 | Dan moet hy en sy afhanklikes as vry mense teruggaan na hulle familie en hulle familiegrond toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar dan moet hy en sy kinders saam met hom, vry van jou af weggaan. Hy moet terugkeer na sy familie, na die erfgrond van sy voorouers moet hy teruggaan, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan mag hy en sy kinders weggaan van jou, hulle mag teruggaan na sy familie en na die grond wat aan sy voorvaders behoort het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy en sy kinders moet dan van jou af weggaan en as vry mense terugkeer na hulle familie en hulle erfgrond toe. |