Leviticus 25:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou broer wat by jou woon, arm word en aan jou verkoop word; jy mag hom nie dwing om as slaaf te dien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “As enigeen van julle mede-Israeliete bankrot speel en hulleself as slawe aan julle moet verkoop, moet hulle nie as slawe behandel nie.
Afrikaans 1933/1953 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n mede-Israeliet in jou omgewing só in die skuld raak dat hy hom aan jou verkoop as slaaf, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wanneer jou broer wat by jou is, verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie slawewerk laat doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer een van julle so arm word dat hy homself aan jou moet verkoop, dan moet jy hom nie vir jou laat werk soos 'n slaaf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n ander Israeliet so diep in die skuld raak dat hy verplig word om homself as ’n slaaf aan jou te verkoop om sy skuld te betaal, moet jy hom nie soos ’n slaaf behandel en hom slawewerk laat doen nie.