Leviticus 25:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy mag hom nie jou geld op woeker gee nie, en jy mag hom nie jou lewensmiddele leen om te vermeerder nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou, julle mag nie julle bloedverwante rente vra op enigiets wat julle aan hulle leen nie, of dit nou kos of geld is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie teen wins gee nie. |
| Afrikaans 1983 | As jy aan hom geld leen, moet dit dus rentevry wees, en as jy aan hom kos verskaf, moet dit teen kosprys wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou geld mag jy nie vir hom teen rente gee nie en van jou kos mag jy nie vir hom teen wins gee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie vir hom rente laat betaal wanneer jy vir hom geld leen nie, en wanneer jy vir hom kos gee, dan moet jy hom nie te veel laat betaal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moenie rente vra op die geld wat jy vir hom leen nie. Jy moet ook nie vir hom kos gee en ekstra geld daarvoor vra nie. |