Leviticus 25:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem geen rente van hom of vermeerder nie; maar vrees jou God; dat jou broer by jou kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie wins uit hom maak of rente hef op die geld wat julle vir hulle leen nie. Wys julle vrees vir God deur hulle by julle te laat bly as julle bloedverwante. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe. |
| Afrikaans 1983 | Jy mag hom geen rente van enige aard laat betaal nie. Uit eerbied vir jou God moet jy jou mede-Israeliet by jou aan die lewe hou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie van hom rente eis of uit hom wins maak nie; jy moet vir jou God ontsag hê en jou familielid moet by jou leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie vir hom rente laat betaal wanneer jy vir hom geld leen nie, en as jy dit doen, dan moet jy hom nie te veel laat betaal nie. Jy moet jou God respekteer en jy moet die ander Israeliet help om aan te hou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moenie rente vra of heffings bysit by die geld wat hy van jou geleen het nie. Uit respek vir jou God moet jy na hom omsien. |