Leviticus 25:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jou broer arm word en saam met jou in verval geraak het; dan moet jy hom uitlos; ja, al is hy 'n vreemdeling of 'n bywoner; dat hy by jou kan woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer enigeen van julle mede-Israeliete in armoede verval en van jou afhanklik raak, sorg vir hulle soos wat julle vir ’n vreemdeling sou sorg en laat hulle toe om by julle te bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos 'n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer 'n mede-Israeliet só in die skuld raak by jou dat hy nie kan betaal nie, moet jy hom help soos jy 'n vreemdeling of 'n bywoner sou help, en hom by jou aan die lewe hou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wanneer jou broer verarm en by jou in die skuld raak, moet jy hom ondersteun soos 'n vreemdeling en bywoner, sodat hy by jou kan leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer een van julle arm word en hy kan homself nie help nie, dan moet jy hom help om aan te hou lewe, hy moet soos 'n vreemdeling of 'n bywoner by jou woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As een van die ander Israeliete agteruit begin boer en hy raak so diep in die skuld dat hy nie meer daar kan uitkom nie, moet jy hom help. Staan hom by soos jy iemand wat van ’n ander land af kom, of iemand wat by jou woon, sou help om aan die lewe te bly. |