Leviticus 25:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand van die Leviete koop, moet die huis wat verkoop is en die stad van sy besitting in die jubeljaar uitgaan; want die huise van die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Enige eiendom wat deur die Leviete teruggekoop kan word — dit wil sê alle huise in Levitiese stede — moet aan hulle terugbesorg word in die Jubeljaar. Die Levitiese stede is tog die enigste eiendom wat hulle in Israel mag besit.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 Wanneer 'n Leviet 'n huis wat hy in 'n Levietestad gekoop het, terugverkoop aan die oorspronklike eienaar wat nie 'n Leviet is nie, moet die huis in die hersteljaar terugval na die Leviet, want die huise in die Levietestede moet in Israel die eiendom van die Leviete wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer een van die Leviete so 'n huis loskoop, moet die verkoopte huis loskom in die jubeljaar, al is dit in die stad waar hy 'n erfdeel het. Die huise in die stede van die Leviete is immers hulle erfdeel onder die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n Leviet sy huis in 'n Levietestad verkoop het en hy kan dit nie loskoop voor die Hersteljaar nie, dan moet hy die huis terugkry in die Hersteljaar. Die huise in die Levietestede moet altyd aan die Leviete behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Huis in ’n Levietestad wat verkoop is, maar nie teruggekoop is nie, moet gedurende die hersteljaar teruggaan na sy oorspronklike Levitiese eienaar toe. Die huise in Levitiese stede is die permanente eiendom van die Leviete in Israel.