Leviticus 25:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nieteenstaande die stede van die Leviete en die huise van die stede van hulle besitting, mag die Leviete te eniger tyd loskoop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Leviete behou altyd die reg om ’n huis wat hulle in die stad verkoop het, weer terug te koop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is vir die Leviete moet daar 'n ewige reg van lossing wees. |
| Afrikaans 1983 | In die Levietestede het die Leviete die onvervreembare reg om woonhuise waarvan hulle die oorspronklike eienaars was, terug te koop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wat die stede van die Leviete betref: Vir die huise in die stede wat hulle erfdeel is, sal die reg van terugkoop altyd vir die Leviete geld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Leviete kan die huise in hulle stede altyd terugkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Leviete het vir altyd die reg om in die stede wat aan hulle behoort die huise wat hulle verkoop het, terug te koop. |