Leviticus 25:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die huise van die dorpe wat geen muur rondom het nie, moet gereken word as die veld van die land; hulle kan losgekoop word, en hulle moet in die jubeljaar uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Huis in ’n dorp — dit beteken ’n nedersetting sonder versterkte mure — word op dieselfde manier as eiendom in die oop veld beskou. So ’n huis mag te eniger tyd teruggekoop word en moet dan aan die oorspronklike eienaar terugbesorg word in die Jubeljaar.
Afrikaans 1933/1953 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.
Afrikaans 1983 Woonhuise in dorpe wat nie mure om het nie, geld as deel van die platteland: die oorspronklike eienaar het die reg om dit enige tyd terug te koop, en in die hersteljaar val dit terug na hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Huise in dorpies wat nie 'n muur rondom het nie, moet as deel van die saailande van die omgewing gereken word. Die reg van terugkoop moet daarvoor geld en in die jubeljaar kom dit los.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is nie mure om party dorpe nie. Die huise in daardie dorpe staan in die veld. Die eerste eienaar van so 'n huis kry weer sy huis in die Hersteljaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Huise in dorpe wat geen veiligheidsmuur om het nie, is deel van die platteland. Die persoon wat dit verkoop het, mag dit terugkoop. In die hersteljaar gaan dit terug na sy oorspronklike eienaar.