Leviticus 25:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as dit nie binne 'n volle jaar gelos word nie, dan moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir ewig vasstaan vir hom wat dit gekoop het in sy geslagte; dit mag nie in die jubeljaar uitgaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As die huis nie binne ’n jaar teruggekoop word nie, word die huis binne ’n ommuurde stad die permanente eiendom van die koper. Dit word dan nie in die Jubeljaar aan die oorspronklike eienaar terugbesorg nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar as dit nie gelos word voordat 'n hele jaar verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.
Afrikaans 1983 As hy nie binne een jaar van hierdie reg gebruik maak nie, verval sy aanspraak op die betrokke huis en word dit die wettige eiendom van die koper en sy erfgename. 'n Woonhuis in 'n ommuurde stad val dus nie terug in die hersteljaar nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit egter nie losgekoop word voordat 'n volle jaar verloop het nie, word die huis wat in die ommuurde stad is, onherroeplik oorgedra na die een wat dit gekoop het vir sy nageslag. Dit kom nie los in die jubeljaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy nie die huis terugkoop in die eerste jaar nie, dan kan die persoon wat dit gekoop het, en sy nageslag, die huis altyd hou. Die eerste eienaar kry nie weer die huis in die Hersteljaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hy nie sy reg om terug te koop binne daardie jaar gebruik nie, word die huis die permanente eiendom van die koper. Dit word deel van sy boedel. Dit word nie teruggegee in die hersteljaar nie.