Leviticus 25:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hy dit nie aan hom kan teruggee nie, moet wat verkoop is, in die hand van hom bly wat dit gekoop het tot die jubeljaar; en in die jubeljaar moet dit uitgaan, en hy moet na sy besitting terugkeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die oorspronklike eienaar egter nie kan bekostig om die grond terug te koop nie, sal dit tot die volgende Jubeljaar aan die nuwe eienaar behoort. In die Jubeljaar sal die grond dan teruggegee word aan die oorspronklike eienaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan. |
| Afrikaans 1983 | As hy egter nie genoeg geld bymekaarkry om die grond terug te koop nie, bly die koper in beheer daarvan tot die volgende hersteljaar. In die hersteljaar moet hy die grond ontruim en die oorspronklike eienaar moet dan weer sy grond in besit neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hy egter nie genoeg bymekaar kan maak om dit aan hom terug te gee nie, bly die deel wat verkoop is in die besit van die een wat dit gekoop het tot die jubeljaar. In die jubeljaar moet dit loskom en mag die man na sy erfgrond terugkeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die persoon nie genoeg geld kan kry om die grond terug te koop nie, dan moet die persoon wat die grond gekoop het, dit hou tot die volgende Hersteljaar. Dan moet die grond weer behoort aan die eerste persoon, en dan mag hy teruggaan na sy grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy nie genoeg geld bymekaar kan kry nie, bly die grond in besit van die een wat dit gekoop het tot by die hersteljaar. In die hersteljaar mag die oorspronklike eienaar teruggaan na sy eiendom. |