Leviticus 25:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat hy dan die jare van die verkoop daarvan tel en die oorskot teruggee aan die man aan wie hy dit verkoop het; dat hy na sy besitting kan terugkeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het die persoon die reg om die grond terug te koop van die persoon wat dit aanvanklik gekoop het. Die prys van die grond sal baseer word op die aantal jare tot die volgende Jubeljaar. Nadat die grond teruggekoop is, mag die oorspronklike eienaar terugkeer na sy grond toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan. |
| Afrikaans 1983 | Die aantal jare wat verloop het sedert die kooptransaksie moet dan in berekening gebring word en die oorspronklike eienaar moet die koper slegs uitbetaal vir die seisoene wat nog oor is tot die volgende hersteljaar. Die oorspronklike eienaar kan dan weer sy grond in besit neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet hy die jare bereken vandat dit verkoop is en die balans teruggee aan die man aan wie hy dit verkoop het. Hy moet dan terugkeer na sy erfgrond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hulle tel hoeveel jaar verby is nadat die persoon die grond verkoop het, en dan moet hy vir die persoon wat die grond gekoop het, betaal vir die jare wat oorbly tot die volgende Hersteljaar. Daarna kan hy teruggaan na sy grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet hy uitwerk hoeveel tyd verbygegaan het vandat hy die grond verkoop het en hoeveel gebruiksjare daar nog vir die koper oor is tot die volgende hersteljaar. Sodra hy betaal het, kan hy weer teruggaan na sy grond toe. |