Leviticus 25:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die grond sal nie vir ewig verkoop word nie, want die land is myne; want julle is vreemdelinge en bywoners by My.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou dat die land nooit op ’n permanente basis verkoop mag word nie, want eintlik behoort die land aan My. Julle is eintlik net vreemdelinge en huurders wat by My bly.”
Afrikaans 1933/1953 Die grond moet ook nie vir altyd verkoop word nie; want die land is myne, omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.
Afrikaans 1983 “Geen grond mag permanent verkoop word nie, want die land behoort aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Die grond mag nie onherroeplik verkoop word nie, want aan My behoort die grond. Ja, julle is •vreemdelinge en bywoners by My.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie grond verkoop sodat dit altyd aan die nuwe eienaar behoort nie, want die land behoort aan My, julle is vreemdelinge en bywoners by My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Grond mag nooit vir altyd verkoop word nie, want dit behoort eintlik aan My. Julle is bloot vreemdelinge en mense wat tydelik op my grond bly.