Leviticus 25:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet in die agtste jaar saai en nog van ou vrugte eet tot die negende jaar toe; totdat sy vrugte inkom, moet julle van die ou voorraad eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer julle weer saad plant in die agtste jaar, sal julle nog steeds van die opbrengs van die vorige jaar eet. Julle sal nog steeds van die ou oes kan eet totdat die nuwe oes eers in die negende jaar kom.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die opbrings hiervan inkom, moet julle die oue eet. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer julle in die agste jaar weer saai, sal julle nog steeds die oes van die sesde jaar gebruik. Julle sal selfs genoeg hê totdat julle in die negende jaar die oes insamel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die agtste jaar moet julle saai en van die ou opbrengs eet tot die negende jaar; tot daardie jaar se oes inkom, sal julle die ou opbrengs eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle weer saai in die agste jaar, dan sal julle nog tot die negende jaar kan eet van die koring-oes in die sesde jaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal in die agtste jaar saai, maar nog steeds kan eet van die oes wat in die sesde jaar ingekom het. Julle sal selfs daarvan kan eet tot die oes van die graan wat julle in die agtste jaar gesaai het, eers teen die negende jaar begin inkom. |