Leviticus 25:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle sê: Wat sal ons in die sewende jaar eet? kyk, ons sal nie saai en ons opbrings nie insamel nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle kan miskien vra: ‘Wat sal ons gedurende die sewende jaar eet, aangesien ons in daardie jaar niks mag plant of oes nie?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? |
| Afrikaans 1983 | Julle kan julle miskien afvra waarvan julle elke sewende jaar moet leef, aangesien julle nie mag saai of 'n oes insamel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as julle vra: “Maar wat moet ons in die sewende jaar eet, as ons dan nie mag saai en ons oes insamel nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle vra miskien: ‘Wat sal ons eet in die sewende jaar as ons nie mag saai of koring mag afsny nie?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Moenie staan en wonder waar julle kos gaan kry in die sewende jaar as julle nie mag saai of die oes mag insamel nie. |