Leviticus 25:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet julle my insettinge doen en my verordeninge onderhou en dit doen; en julle sal veilig in die land woon.
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle veilig in die land wil woon, hou my gebooie en gehoorsaam my reëlings.
Afrikaans 1933/1953 En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.
Afrikaans 1983 “Julle moet my voorskrifte nakom en my bepalings gehoorsaam. As julle dit doen, sal julle sonder sorge in die land kan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Julle moet my vaste voorskrifte uitvoer en my beslissings moet julle nakom. Voer dit uit sodat julle veilig kan woon op die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet aanhou om te doen wat Ek wil hê en wat Ek besluit. As julle dit doen, dan sal julle veilig woon in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hou by die reëls wat Ek gegee het. Volg my voorskrifte en lewe volgens hulle. Julle sal dan in die land kan bly sonder dat daar iets is wat julle bangmaak.