Leviticus 25:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens die menigte van jare moet jy die prys daarvan vermeerder, en na die geringheid van jare moet jy die prys daarvan verminder; want volgens die getal van die jare van die vrugte verkoop hy aan jou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe groter die aantal jare voor die hersteljaar, hoe hoër die prys. Hoe minder die aantal jare, hoe laer die prys. Die verkoper van die grond verkoop mos eintlik ’n sekere aantal oeste.
Afrikaans 1933/1953 volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.
Afrikaans 1983 As dit lank voor die volgende hersteljaar is, moet die prys hoër wees, maar as daar min jare oor is, moet die prys laer wees, want in werklikheid word alleen die opbrengs tot die volgende hersteljaar verkoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe meer die jare wat oorbly, hoe hoër sy koopprys; hoe minder die jare wat oorbly, hoe laer sy koopprys, want die getal oeste is wat hy aan jou verkoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As dit baie jare is, dan moet julle meer betaal, en as dit min jare is, dan moet julle minder betaal, want julle koop net die koring-oes tot die volgende Hersteljaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe meer jare oor is, hoe hoër is die koopprys. As daar minder jare oor is, is die verkoopprys soveel minder. Eintlik is dit nie grond wat jy koop en verkoop nie, maar die aantal oeste wat dit kan oplewer.