Leviticus 25:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens die aantal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop, en volgens die aantal jare van die vrugte wat hy aan jou moet verkoop;
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer julle grond van ’n buurman koop, moet die prys van die grond gebaseer word op die aantal jare sedert die laaste Jubeljaar. Die verkoper sal ’n prys vra op grond van die aantal oesjare wat nog oor is tot die volgende Jubeljaar.
Afrikaans 1933/1953 volgens die getal jare ndie jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar 'n oes is, moet hy dit aan jou verkoop;
Afrikaans 1983 Die koop- of verkoopprys moet bepaal word volgens die aantal oeste wat die stuk grond kan oplewer tot die volgende hersteljaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet van jou volksgenoot koop volgens die getal jare ná die jubeljaar; ja, volgens die getal oesjare moet hy aan jou verkoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle 'n stuk grond koop, dan moet julle tel hoeveel jaar verby is ná die Hersteljaar, en wanneer julle dit verkoop, dan moet julle tel hoeveel maal julle nog koring sal afsny tot die volgende Hersteljaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy by iemand grond koop, moet jy uitreken hoeveel jare al verbygegaan het na die laaste hersteljaar. As jy dit aan ’n ander verkoop, moet jy bereken hoeveel jare se oes daar nog oor is na die volgende hersteljaar toe.