Leviticus 25:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Jubeljaar sal vir julle die vyftigste jaar wees; julle mag nie saai nie en nie maai wat vanself daarin opkom nie, en ook nie die druiwe van jou wingerdstok daarin pluk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die 50ste jaar sal ’n Jubeljaar vir julle wees. Gedurende dié jaar mag julle nie saad plant of afoes wat natuurlik groei, of die druiwe gebruik van julle ongesnoeide wingerde nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie vyftigste landbouseisoen moet julle hersteljaar wees. Julle mag nie saai nie en ook nie die opslaggraan of ongesnoeide wingerde afoes nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vyftigste jaar moet vir julle 'n jubeljaar wees. Julle mag nie saai nie en julle mag nie die opslaggraan van die jaar oes of die ongesnoeide wingerde afoes nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyftigste jaar moet vir julle 'n Hersteljaar wees. Julle moenie saai nie en julle moenie die koring en die gars afsny wat self begin groei nie. Julle moet ook nie die druiwe aan die ranke van die wingerde pluk nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In hierdie hersteljaar mag julle niks saai nie. Julle mag ook nie die graan wat vanself opkom, afoes of die druiwe van die ongesnoeide wingerdstokke afpluk nie. |