Leviticus 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet aan Aäron en sy seuns behoort; en hulle moet dit in die heiligdom eet, want dit is vir hom hoogheilig van die vuuroffers van die HERE volgens 'n ewige insetting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die brode wat vervang word, behoort aan Aäron en sy manlike nakomelinge. Hulle moet dit op ’n heilige plek eet, want dit verteenwoordig ’n besonder heilige gawe wat as vuuroffer vir die Here gegee word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE 'n ewige insetting. |
| Afrikaans 1983 | Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n heilige plek eet, want dit is 'n besonder heilige deel wat hy altyd moet kry uit die offergawes aan die Here. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron en sy seuns mag die brood kry wat op die tafel was. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet. Die brood is hoog-gewyd. Die priesters moet altyd daardie brood kry uit die offers vir die Here. Dit moet altyd so wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron en sy seuns mag dan die ou brood wegvat en gaan eet op ’n plek wat daarvoor eenkant gesit is. Die brood word net vir die Here se werk gebruik en vir niks anders nie. Aäron mag dit vat uit die offers wat vir die Here gebring word. Dit is ’n reël wat vasstaan.” |