Leviticus 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet suiwer wierook op elke ry sit, dat dit op die brood kan wees as 'n gedagtenis, 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Sprinkel suiwer wierook in elke ry. Dit sal dien as ’n gedenkoffer wat in die plek van die brood gebrand moet word as ’n vuuroffer wat vir die Here gegee word.
Afrikaans 1933/1953 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans 1983 Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sit by elke ry suiwer wierook; dit sal, as simboliese offer van die brood, 'n offergawe aan die Here wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet skoon wierook by elke ry sit. Die wierook is 'n vuur-offer vir die Here, dit is in die brood se plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) By elke stapel brood moet hy suiwer wierook neersit. Die wierook word vir die Here geoffer in die plek van die brood self.