Leviticus 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet fyn meel neem en twaalf koeke daarvan bak; twee tiendes moet in een koek wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle moet twaalf brode met meel bak. Gebruik drie kilogram meel vir elke brood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee tiendes van 'n efa moet elke koek wees; |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet gesifte meel vat en daarmee twaalf ringbrode bak. Elke ringbrood moet twee tiendes van 'n efa meel bevat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet van die beste meel neem en jy moet twaalf ringbrode bak. Jy moet twee tiendes van 'n efa meel gebruik vir elke ringbrood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moet ook twaalf brode bak. Elkeen moet gebak word van drie kilogram fynmeel. |