Leviticus 24:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sonder die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, moet Aäron dit gedurigdeur bevel van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE: dit moet 'n ewige insetting wees in julle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron moet sorg dat die lamp bly brand van die aand tot die volgende oggend voor die voorhangsel van die Allerheiligste plek in die teenwoordigheid van die Here. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet deur alle toekomstige geslagte nagekom word.
Afrikaans 1933/1953 Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.
Afrikaans 1983 Aäron moet sorg dat daar dwarsdeur die nag 'n lig brand in die tent van ontmoeting, voor die voorhangsel waaragter die ark met die getuienis is en waar die Here teenwoordig is. Dit is 'n vaste voorskrif ook vir julle nageslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die Tent van Ontmoeting, buite die voorhangsel voor die verbondsbepalings, moet Aäron die lampe regsit. Dit moet van die aand tot die oggend voortdurend voor die Here wees. Dit is 'n vaste voorskrif wat vir altyd vir julle nageslagte geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron moet die lampstaander neersit voor die gordyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die kis waarin die tien gebooie is, staan agter die gordyn. Die lampe moet van die aand tot die oggend voor die Here brand. Julle nageslag moet dit ook altyd doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Aäron moet sorg dat daar elke nag ’n lamp is wat in die tent van samekoms brand, in die deel voor die gordyn wat die deel afskort wat vir die Here afgesonder is. Dit moet altyd aan die brand gehou word.