Leviticus 24:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moses het toe met die kinders van Israel gespreek dat hulle die vloek uit die laer moes uitbring en hom met klippe stenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Moses al hierdie instruksies vir die Israeliete gegee het, het hulle die godslasteraar uit die kamp gevat en hom gestenig, net soos die Here vir Moses beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Moses het dit toe vir die Israeliete gesê. Hulle het die man wat gelaster het, uit die kamp gevat en hom met klippe doodgegooi. So het die Israeliete die bevele wat die Here vir Moses gegee het, uitgevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het dit vir die Israeliete gesê. Hulle het die een wat die vervloeking uitgespreek het, uit die kamp geneem en hom met klippe doodgegooi. Die Israeliete het gedoen soos wat die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het dit vir die Israeliete gesê, en hulle het die man wat gelaster het, weggeneem uit die kamp en hulle het hom doodgegooi met klippe. Die Israeliete het gedoen wat die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe uitspraak in die saak gelewer en die Israeliete het die man wat gevloek het, uit die kamp uitgevat en hom daar met klippe doodgegooi. Die Israeliete het presies net so gemaak soos die Here vir Moses beveel het. |