Leviticus 24:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer gestampte olyfolie vir die lig moet bring om die lampe gedurigdeur te laat brand.
Afrikaans (NLV) 2011 “Beveel die Israeliete om vir jou suiwer olyfolie vir die lamp in die heiligdom te gee sodat dit kan bly brand.
Afrikaans 1933/1953 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê.
Afrikaans 1983 “Beveel die Israeliete om vir jou van die suiwerste olyfolie te bring vir die lamp in die heiligdom, sodat daar gereeld lig kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Beveel die Israeliete om vir jou suiwer geparste olyfolie te bring vir lig, sodat die lampe voortdurend brand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir jou skoon olyf-olie bring sodat die lampe op die lampstaander altyd kan brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) die Israeliete suiwer olyfolie vra om die lampe in die tent aan die brand te hou.