Leviticus 24:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand 'n gebrek aan sy naaste veroorsaak; soos hy gedoen het, so sal met hom gedoen word;
Afrikaans (NLV) 2011 “Enigeen wat ’n ander persoon beseer, moet behandel word ooreenkomstig die besering wat hy veroorsaak het —
Afrikaans 1933/1953 En as iemand aan sy naaste 'n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:
Afrikaans 1983 “As iemand 'n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand sy volksgenoot vermink – soos wat hy gedoen het, so moet daar aan hom gedoen word:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n persoon iemand anders seermaak, dan moet hulle dieselfde doen, hulle moet hom ook so seermaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand ’n medemens aan sy lyf seermaak, moet hy op dieselfde plek seergemaak word en in eie munt terugbetaal word.