Leviticus 24:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat 'n dier doodmaak, sal dit regmaak; dier vir dier.
Afrikaans (NLV) 2011 “Enigeen wat ’n ander persoon se dier doodmaak, moet die persoon ten volle vergoed. Hy moet die dier wat doodgemaak is, vervang met ’n lewende dier.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy wat 'n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.
Afrikaans 1983 As iemand 'n ander se dier doodmaak, moet hy dit vervang. Die beginsel is: 'n lewe vir 'n lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en wie 'n dier doodslaan, moet daarvoor vergoed: 'n lewe vir 'n lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand 'n dier van iemand anders doodmaak, dan moet hy betaal, hy moet vir die eienaar 'n ander dier gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die persoon wat iemand anders se dier doodmaak, moet daarvoor vergoed en ’n dier wat dieselfde waarde het, in sy plek gee.