Leviticus 24:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat die Naam van die HERE laster, hy moet sekerlik gedood word, en die hele vergadering moet hom beslis stenig; sowel die vreemdeling as die wat in die land gebore is, wanneer hy die Naam van die HERE laster, gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy wat die Naam van die Here lasterlik gebruik, moet deur die hele gemeenskap van Israel gestenig word. Enige Israeliet of vreemdeling wat die Naam van die Here lasterlik gebruik, moet doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word. |
| Afrikaans 1983 | Wie die Naam van die Here oneerbiedig gebruik, moet die doodstraf kry. Die hele gemeente moet hom met klippe doodgooi. Dit geld vir gebore Israeliete en vir vreemdelinge: wie die Godsnaam oneerbiedig gebruik, moet sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die een wat die Naam van die Here laster, moet beslis sterf. Die hele volksvergadering moet hom beslis stenig. Soos 'n gebore Israeliet moet 'n •vreemdeling ook sterf wanneer hy die Godsnaam laster. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat die Naam van die Here laster, moet sterf, die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe. Mense wat die Naam van die Here laster, vreemdelinge of Israeliete, moet sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n Israeliet of iemand van ’n ander plek die Here vloek, sal hy sonder meer doodgemaak word. Die volk moet hom met klippe doodgooi. |