Leviticus 24:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Elkeen wat sy God vloek, sal sy sonde dra.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê dan vir die volk Israel: Hy wat die Naam van die Here lasterlik gebruik, sal die gevolge van sy skuld dra en sal gestraf word.
Afrikaans 1933/1953 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
Afrikaans 1983 Sê dan vir die Israeliete: Elkeen wat vir God laster, sal die straf daarvoor kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die Israeliete moet jy sê, ‘Wanneer enigiemand sy God vervloek, moet hy die gevolge van sy sonde dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir die Israeliete sê: Elke persoon wat sy God vervloek, is skuldig, julle moet hom straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê dan vir die Israeliete: Enigiemand wat God se Naam sommerso gebruik sonder eerbied vir die Here, moet daarvoor boet.