Leviticus 24:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bring hom wat gevloek het, buitekant die laer uit; en laat almal wat hom gehoor het, hul hande op sy hoof lê, en laat die hele vergadering hom stenig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Neem hierdie lasteraar uit die kamp uit. Sê vir almal wat hom hoor laster het om hulle hande op sy kop te lê. Laat die hele gemeenskap hom dan stenig.
Afrikaans 1933/1953 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en almal wat dit gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele vergadering hom stenig.
Afrikaans 1983 “Vat die man wat gelaster het, uit die kamp uit. Laat almal wat hom hoor laster het, hulle hande op sy kop sit, en laat die hele gemeente hom daarna met klippe doodgooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Neem die een wat die vervloeking uitgespreek het uit die kamp uit. Almal wat gehoor het, moet hulle hande op sy kop lê; dan moet die hele volksvergadering hom met klippe doodgooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet die man wat die ander man vervloek het, wegneem uit die kamp. Almal wat gehoor het wat hy gesê het, moet hulle hande op sy kop sit, en die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vat die man wat gevloek het uit die kamp uit. Elkeen wat gehoor het wat hy gesê het, moet hulle hand op sy kop sit om te wys dat hy skuldig is. Daarna moet almal hom met klippe doodgooi.