Leviticus 24:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seun van die Israelitiese vrou het die Naam van die HERE gelaster en gevloek. En hulle het hom na Moses gebring; en die naam van sy moeder was Selomit, die dogter van Dibri, uit die stam van Dan.
Afrikaans (NLV) 2011 Midde-in die geveg het die seun van ’n Israelitiese vrou die Naam van die Here lasterlik gebruik. Die man is toe na Moses toe gebring om uitspraak te gee. Sy ma se naam was Selomit. Sy was die dogter van Dibri uit die stam van Dan.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was S,lomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
Afrikaans 1983 ***
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die seun van die Israelitiese vrou die Godsnaam laster en vervloek, het hulle hom na Moses geneem. Die seun se moeder, wie se naam Selomit was, was die dogter van Dibri, uit die stam van Dan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy ma se naam was Selomit. Sy was Dibri se dogter. Hulle was uit die stam van Dan. Haar seun het gevloek en die Here se Naam gebruik asof dit sommer iets alledaags is. Die ander mense het hom toe na Moses gevat.