Leviticus 24:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seun van 'n Israelitiese vrou wie se vader 'n Egiptenaar was, het onder die kinders van Israel uitgetrek;
Afrikaans (NLV) 2011 Op ’n dag het ’n man met ’n Israelitiese ma en ’n Egiptiese pa in ’n geveg betrokke geraak met een van die Israelitiese mans.
Afrikaans 1933/1953 En die seun van 'n Israelitiese vrou maar hy was die seun van 'n Egiptiese man het uitgegaan tussen die kinders van Israel in; en die seun van die Israelitiese vrou en 'n Israelitiese man het met mekaar geveg in die laer.
Afrikaans 1983 [10-11] Daar was 'n man tussen die Israeliete wat 'n Egiptiese pa en 'n Israelitiese ma gehad het. Sy ma se naam was Selomit. Sy was 'n dogter van Dibri, uit die stam Dan. Dié man het in die kamp met 'n man van suiwer Israelitiese afkoms in 'n woordewisseling betrokke geraak en die Godsnaam lasterlik gebruik. Hy is toe na Moses toe gevat
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seun van 'n Israelitiese vrou en 'n Egiptiese man het uit sy kampplek tussen die Israeliete ingegaan. In die kamp was daar 'n geveg tussen 'n Israelitiese man en hierdie seun van die Israelitiese vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [10-11] Daar was 'n man, hy was die seun van 'n Israelitiese vrou en 'n Egiptiese man. Sy ma was Selomit, dogter van Dibri, sy was van die Dan-stam. Hy het baklei met 'n Israelitiese man. Die seun van die Israelitiese vrou en die Egiptiese man het die Naam van die Here gelaster toe hy die ander man wou vervloek. Hulle het hom na Moses toe gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Man wat ’n Israelitiese ma gehad het en ’n Egiptiese pa, het eenmaal in die kamp aan die baklei geraak met ’n Israelitiese man.